17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

Nov '04 : Kwaai fietsstryd in Double Century

Kwaai fietsstryd in Double Century

n Kwaai stryd met net meer as 2 minute wat die top drie spanne skei, was die kenmerk van die Double Centry ultra-fietswedren van 203 km op 29 November van Ceres tot by Touwsrivier en terug.

Die Richard Kane span was eerste in 6:03:12, Virgin Active Toyota/Cycelab tweede (6:03:59) en Ikey Tigers derde (6:05:17). 

Daarna het gevolg Daikin Air Conditioners, Bowmans Cycles, Worcester Wheelers, Hermanus Health & Fitness,The Fast Outriders, Litespeed SA en Du Toit Cycles in die tiende plek uit 84 spanne. 

Die wenners se gemiddelde snelheid was 33,54 kpu. Roetes vir die Double Century verskil. Rekords en direkte vergelykings is dus moeilik. Die Helderberg Racing span het die gemengde span-titel verower (7:05:31) en die Oxiprovin Damesspan (8:53:28) die prys vir die beste vrouespan.

Altesame 84 spanne van 12 ryers elk (enkeles het net ses gehad) het deelgeneem, n Totaal van 935 ryers het weggespring en 728 het die wedren voltooi. Die laaste ryer was bykans 11:28:00 in die saal Hierdie is n spanwedren waar die tyd van die sesde ryer wat klaarmaak as die tyd van die span geld. Spanne werk dus so lank moontlik saam in n bondel om die wind te sny en die pas voor aan te gee.

In n stadium gaan die sterkste ryers vooruit en moet hulle sorg dat minstens ses bymekaar bly en saam klaarmaak. Die Swaarmoed-pas waarteen ryers moet uit en af asook die Theronsberg-pas wat die ryers van weerskante af moet uitry, klim onophoudelik oor etlike kilometers waar die voorste spanne snelhede van tussen 15 en 18 kpu handhaaf. Die roete het sowat 80 km se passe en heuwels. Met die afdraandes is snelhede van meer as 80 kpu bereik. Temperature van meer as 30 grade en lastige wind is ervaar.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.