17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

176 - Wen n verloor belangrik in fietsry

Wen ń verloor belangrik in fietsry

Fietsry is gesonde pret en jy doen dit vir jou plesier. Net soos ander sportsoorte, en die lewe self, het fietsry egter belangrike (lewens)lesse oor wen en verloor. 

Natuurlike aanleg, top-fiksheid en die beste fiets waarborg nie n plek op die wennerspodium nie. Sonder die hart en die kop is n wen n vloekskoot.

Die pas afgelope Suid-Afrikaanse fietsrykampioenskappe in Oos-Londen het dit weer onderstreep. Jy het n bepaalde ingesteldheid nodig om te wen ń te verloor.

Baie mense ding mee, sommige ongelukkig met n beheptheid of obsessie. Kompetisie en wedywering teen jou rymaats en mededingers op n fiets is natuurlik en gesond. Dit gebeur in oefenritte, prettrappe en wedrenne. 

Om in n ernstige kompetisie soos n wedren of kampioenskap te presteer, te vorder met jou fietsry, beter keuring en tye los te jaag, en om meer mededingend deel te neem op amateurs- of beroepsvlak, moet jy n wennersingesteldheid h of aanleer en kweek. Dit is veral belangrik in n tydtoets, die wedren van waarheid, waar jy alleen teen die horlosie en jouself jaag. 

Natuurlik moet jy fiks wees en jou fiets en toerusting nommerpas. Daarbenewens verg bepaalde wedrenne, roetes, afstande en weerstoestande spesifieke oefening, voorbereiding en afronding. Ry die roete vooraf met jou fiets of motor. Besluit wat jy waar wat wil doen, waar die gevare bestaan en waar jy n geleentheid wil benut.

Leer tegnieke aan om voor die wedren te ontspan, goed te slaap en betyds aan te kom. As jy op die wegspringpunt staan, vergeet van twyfel, vorige nederlae, ongelukke, verlore geleenthede, selfs al het dit in hierdie selfde wedren verlede jaar gebeur.

Vermy oppervlakkige geselsies met ander ryers, of selfs met ondersteuners. Dit versteur konsentrasie en fokus. n Geslepe mededinger kan twyfel in jou onderbewussyn plant of n welmenende familielid se angs kan joune word. Voer liewe n innerlike gesprek met jouself.

Tydens die wedren is jou belangrikste wapen konsentrasie. As jy dit verslap, kan jy n wegbreek mis, die bondel verloor, n gaping miskyk of selfs seerkry. Weet dat die ander mededingers net so moeg en seer word soos jy. As jou kop dit langer kan beheer as hulle sn, het jy n groot voorsprong. Byt vas, konsentreer op jou tegniek. Ry egalig, hou jou lyf stil, gebruik die regte ratverhoudings.

As jy alles reg gedoen het en die wenstreep is in sig, gee alles. Jy gaan jouself verwyt oor n derde plek as jy nog krag oor het. 

As jy gewen het, kan jy jou blydskap wys, maar aanvaar gelukwensing met grasie en sonder veel ophef. Wens die ander op die podium geluk.

As jy verloor, wens die wenners geluk. Aanvaar en verwerk dit so gou as moontlik en leer lesse daaruit om die bordjies volgende keer te verhang. Verloor is deel van wen. Jy kan nie altyd bo wees nie, al is jy die beste. Selfs die beste het soms geluk nodig om te wen.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.