17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

177 - Berg- en padfiets hou jou deur winter aan die gang

Berg- en padfiets hou jou deur winter aan die gang

Al wys die winter sommige dae reeds sy tande, is dit verblydend om steeds van enkele tot groter groepe fietsryers op die pad te sien. Afgesien van bergfiets- en padfiets-prettrappe op die kalender, inspireer groepe ryers mekaar om meer gereeld te ry.

Hier by ons is die Knysna pad- en bergfietsprettrappe rondom die naweek van 5 Julie altyd aangename vooruitsigte met roetes deur skilderagtige bosse en paaie in hierdie gewilde Tuinroete-omgewing.

Internasionaal kan Suid-Afrikaners hulle regmaak vir ín fietsdis uit die boonste rakke met Die Tour de France. Die wÍreld se top-spanne spring Saterdag 5 Julie weg en kom op 27 Julie, na 3 500 kilometer en 21 skofte in Parys aan. Die 95ste Tour sluit 10 platskofte, vyf bergskofte, vier medium-bergskofte en twee individuele tydtoetse in. Daar is een plat skof van 232 km, maar erger ín bergskof van 224 km wat wag. Dit beloof om ín telelvisie-skouspel te wees.

Om sulke wedrenne op televisie te volg en te luister na die kundige kommentaar inspireer jou opnuut en gee jou insigte in die sport wat jou prakties kan help.

Terug by die huis. Op skoon helder dae, sonder die vooruistig van reŽn is dit darem ín vreugde om jou Ąsportmotorď-padfiets uit die garage te haal, blink te poets en ín lekker lang afstand aan te pak. Met bande teen die regte druk, die regte klere en toerusting om nie koud te kry nie, en ín geoliede ketting, is dit louter plesier om in ín bondel saam met fietsrymaats deur die skone, en nou groener, Kaapse wynlande en kusroetes te ry. Daar is iets besonder aan die momentum van ín groep wat goed saamwerk en die speke laat sing.

Grappies, dikwels die nuutste uit ons land se lief en leed, word gedeel en dikwels spot die rymaats goediglik met mekaar. Dis ín teenvoeter vir werkstres en selfs teen winterkieme soos min. En die koppie koffie of warm sjokolade met ín kolwyn as jy bietjie afsaal is net wat die dokter bestel het.

Dan is daar dae wat die tyd ín bietjie min is Ė huistake, kerk, inkopies, kindersport of selfs wolke wat dreigend op die horison saampak. Dis dan wat jy die bergfiets, en dit hoef nie ín plaas se prys te kos nie, kan uitstoot. Hy gee minder om vir bietjie water en modder. Jy kan sy neus sommer gou in ín veld of bos naby die huis instoot. ín Paar steiltes laat gou die spiere en die hart werk en liggaamshitte verdryf verdwaalde reŽndruppels. 

Een voordeel is dat as jy eers op ín plaaspad, in die veld of bos ry, die las van motors vervaag of verdwyn. En as jy die dag rustig en oplettend ry, sien jy plante, diere en voŽls waarmee jy lanklaas kennis gemaak het.

So ín bergfiets-rit is ook ín ideale familie-uitstappie en ontlaaier as die ingehoktheid van winter wrywing onder gesinslede veroorsaak!

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.