17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

178 - Winter wenke

Winter wenke

As dit nou in die winter pap reŽn met goeie weer, moet jy skep en op jou fiets kom. As dit water reŽn, het jy verskeie keuses wat jou fietsry steeds sal baat.

Jou opsies is: trap op jou staande oefenapparaat, gaan oefen in die gimnasium, laat jou fiets behoorlik versien en verstel, maak jou fiets deeglik skoon, doen broodnodige instandhouding of ten laaste, kyk fietsry op televisie en leer sit sit! Die Tour de France begin op 5 Julie en gaan drie weke se drama en skouspel verseker. 

Met die regte klere kan jy sonder veel ongerief regdeur die winter te oefen. Daar is wonderlike helder dae en veral as jy bietjie later as gewoonlik wegspring, is dit besonder aangenaam. Winter in die Kaap is matig vergeleke met die hoogland en die Noordelike Halfrond.

Die beste fietsry-oefening is steeds om op die fiets buite op die pad te ry. So hou jy ook jou ry-vaardighede in stand. Fietsryers wat wil presteer in die somerseisoen, oefen deur die winter. Dit hou jou boonop warm, gesond, fiks en help jou gewig handhaaf.

Kry gerus Ďn staande oefenapparaat vir jou fiets. Die agterwiel-as word stewig vasgedraai. Die agterwiel loop dan op Ďn silinder waarvan die weerstand verstel kan word met Ďn kabel op die fiets se handvatsel. Met Ďn ritmeter wat spoed, afstand, tyd en trapomwentelinge aandui en Ďn hartmonitor kan jy die aard en intensiteit van jou oefensessie fyn beheer. 

As die weervoorspelling vir die week ongunstig lyk, neem jou fiets na ín handelaar of kenner toe. ín Goeie nasien, verstelling of selfs herstelwerk is goud werd wanneer jy gereeld in die lente wil ry. Daar is heelwat verskuilde plekke wat ín kennersoog en hand nodig het. As iets al lank pla, laat dit nou verstel.

Tuis kan jy jou fiets deeglik skoonmaak. Onthou om liewers met ín emmer lou seperige water te werk as ín hoŽdruktuinslang wat water in bewegende dele inforseer. Ontghries die ketting en ratgeleiers, maak die rat-ringe deeglike skoon met ín dun lap wat jy heen-en weer-trek met die wiel horisontaal op jou skoot. Smeer al die dele daarna met kwaliteit smeermiddels vir die keeting en ander bewegende dele. Gaan buite- en binnebande na asook die beskermsingsband rondom die binne-velling oor die speek-gate. Maak seker daar is nie glas of snye in die bande nie.

Maak seker jou fietsryskoene se trap-bolkkies is skoon en as dit geslyt is, vervang dit.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.