17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

179 - Tour de France bly sjampanje van fietsry

Tour de France bly sjampanje van fietsry

In die meer as honderd jaar wat die Tour de France al bestaan, kom daar nie gereeld legendes soos Lance Armstrong, Miguel Indurain en Eddy Merckx wat hierdie skouspel jare lank oorheers nie. Tussen-in is daar baie wedrenne sonder onbetwiste gunstelinge, soos nou.

Dis juis dan dat die w靡eld wag vir iemand wat weer die verbeedling gaan aangryp. Suid-Afrikaanse fietsrygeesdriftiges het vir Robbie Hunter, 地 skofwenner in verlede jaar se Tour, wat vanjaar vroeg reeds gewys het dat hy onder die voorstes wenstreep toe kan jaag.

Met verlede jaar se wenner, die belowende Alberto Contador, en ander groot name soos Floyd Landis, Tom Boonen, Michael Rasmussen en Alexandre Vinokourov uit, kan 地 mens dalk besluit die Tour is minder aanskoulik en nie die moeite werd om te volg nie. 

Maar 地 instelling soos die Tour laat hom nie so maklik onder kry nie. Dit bly die verpersoonliking van fietsry, uitnemendheid, veggees en buitengewone hoogtes. 地 Mens moet dus nie die baba met die badwater uitgooi nie. Dit bly die hoogtepunt van fietsry, net soos die W靡eldbeker in rugby en sokker. Elke sportsoort gaan soms op nasionale of internasionale vlak deur moeilike tydperke, maar herwin telkens weer sy glans.

Net die room van die w靡eld se fietsryers kan drie weke lank en oor 3 559 km die moordendste bergklimme, tydtoetse, blitssnel gelyktes, genadelose aanvalle en wedywering deursien. Dan doen hulle dit nog teen gemiddelde snelhede van 40 kpu en met en 地 wen-voorsprong van so klein as agt sekondes! 

Net die bestes oorleef. Net die heel bestes presteer en net die allerbeste wen. Die drama, teleurstelling en trane wanneer 地 beseerde ryer moet ophou, wys hoeveel maande se bloed en sweet in voorbereiding bel word.

Daar is oorgenoeg talent in vanjaar se Tour. Alejandro Valverde het op dag een reeds sy merk gemaak. Cadel Evans het 創 goeie kans en Fabian Cancellara het 創 indrukwekkende getuigskrif. Opwindende naelryers soos Thor Hushovd is steeds daar en daar is diepte in baie spanne. 

Die skaakspel onder die twintig spanne met nege ryers elk bly boeiend. Soos die skaakstukke almal verskillend skuif, moet die tydtoets-spesialiste, naelryers, klimmers, harde werkers en diegene met uitsterste uithouvermo in die span elk op 地 gegewe tyd hul deel en meer te doen om hul span, kaptein of gekose ryer te laat wen. 

Natuurlik is die fietstoer van Itali en Spanje en die klassieke eendag-wedrenne waarvan Parys na Roubaix seker die beroemdste is mylpale op die jaar se fietsry-kalender. Die Tour de France bly egter spesiaal. Wanneer daardie kleurvolle sneltrein-peloton van fietsryers tussen die wuiwende Franse vlaktes en bome deurstoom en die sneeubedekte pieke uitbeur, wanneer jy die see van geesdriftiges langs die roete sien en die pragtige geskiedkundige dorpe en geboue jou aangryp, weet jy die Tour sal altyd die sjampanje van fietsry wees.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
ゥ 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.