17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

180 - Tour de France bly Bobaas

Tour de France bly Bobaas

Die Tour de France het pas bewys hy verdien sy „sjampanje-wedren van fietsry“ etiket wat dit twee weke gelede in hierdie rubriek gekry het. 

Die Tour het gesorg vir drama, skouspel en end-uit mededinging onder die wêreld se bestes – oor 21 dae en bykans 3 600 km.

Die wedren het uitgestyg bo omstredeneid, gewys watter diepte daar onder die oudste en jongste deelnemers is en dermiljoene toeskouers en televisiekykers vasgenael gehou.

Die uitslag was in die weegskaal tot die heel laaste individuele tydtoets, 24 uur voor Parys. Hierdie skof oor 53 km wat topjaers teen bykans 50 kpu gemiddeld afgetrap het, het die podium-plekke bepaal. Die tydtoets staan bekend as die „wedren van waarheid“ – die alleen-stryd van die enkeling, sy bene en sy fiets teen die genadelose stophorlosie. 

Baie het verwag, en die hele Australië het gehoop, dat hul landgenoot Cadel Evans van die Silence Lotto-span, die 
Spaanse klimmer Carlos Sastre van die CSC span se tyd-voordeel van 1 min en 34 sek sou kon uitwis. Sastre is ’n bergbok, Evans meer ’n spoedvraat. Sastre, geïnspireer deur die geel trui op sy rug, het die tydtoets van sy lewe gery en Evans het ’n af dag gehad of dalk het die berge-stryd sonder ’n sterk span se ondersteuning sy tol ge-eis. Sastre kon 1 min 5 sek van sy voorsprong behou – genoeg vr die oorwinning.

Dit was asof die Tour die opkikker-probleem met een Barloworld-spanlid en die Saunier Duval-span doelgerig afgehandel het, gou uitgeskud het en weer op die wedren gekonsentreer het.

Robbie Hunter van Suid-Afrika het moedig gejaag en was telkens op die plat, snelskofte in die voorste bondel. Maar ’n prestige skoofwoorwinning verg die regte posisie, span-ondersteuning om die eindstreep oop te maak, vreeloosheid, krag, versnelling en heelwat geluk. John-Lee Agustyn van Suid-Afrika, die jongste ryer in die Tour, het die wêreld se aandag getrek toe hy eerste oor die hoogste bergpiek in die wedren jaag en toe skouspelagtig oor ’n veiligheidsreling berg-af tuimel. Hy het teruggekom en gewys hy het potensiaal.

Dit was veral verblydend dat daar soveel jong talent en diepte in die sport is. Andy Shleck van CSC moes vasbyt om Roman Kreuziger van Liquigas se finale tydtoetsaanslag te weerstaan, Chris Froome en Augsutyn van Barloworld het beslis die oog gevang en jongeling Bernard Kohl van Oostenryk wat algeheel derde geëindig het en die bobaas van die berge titel verower het, het die grotes skrikgemaak. Mark Cavendish van Brittanje het vier skofte gewen.

Insgelyks het die „veterane“ in hul dertigs gewys hoeveel spoed, ervaring en stamina hulle het. Sastre is self nie meer ’n uilskuiken nie, Jens Voigt van CSC is so sterk soos ’n bees en Erik Zabel was op 38 jaar ’n paar keer onder die heel voorste naelryers. Die krag, diepte en veelsydigheid in die CSC-span, uiters belangrik vir Tour-welslae, was bepalend en het aan die oorheersing van Armstrong se US Postal en Discovery-span herinner.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.