17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

181 - Rustige basis-kilometers is soos huis se fondament

Rustige „basis-kilometers“ is soos huis se fondament

Ewe skielik raak die dae langer, bot die bome, skyn die son meer dikwels en raak die fietsryers op die pad meer. Dit is die teken om reg te maak vir die fietsryseisoen.

Die Olimpiese fietsrynommers in Beijing is omtrent die laaste leunstoel-oefening wat ons kan geniet. Hoewel daar dalk nog ’n koue front of drie voorlę, is die fietsry-winterslaap en die verskoning van koue en reën verby.

Soos met so baie dinge in die lewe, maak ons fietsry baie meer ingewikkeld as wat nodig is – veral as dit kom by begin oefen. Vergeet eers die oefenprogramme, diëte en nuwe benaderings. Pomp die fiets se wiele, olie die ketting, klim op en begin ry. 

Vergeet verwyte oor ’n winter sonder oefening. Dis verby. Hou op om jouself te gesel oor die oordaad van rooiwyn, rooivleis en soetgoed. Die ekstra kilogramme kan redelik gou afgetrap word, mits jy meer oordeelkundig eet.

Jou eerste trap kan jou of verbaas – „ek is nie so sleg as wat ek gedink het nie“ of bedruk – „wanneer word ek weer so fiks soos tevore?“ Jy mag effe ontuis voel op die fiets en bewus raak van jou sitvlak. Die gevoel om weer te oefen en die natuur te ervaar, bly steeds ’n aangename gewaarwording. Jy sal ook ontdek dat trap in ’n gimnasium fiks aanhelp, maar nie noodsaaklike hanteringsvaardighede op die pad nie.

Ervare en beroepsryers belę nie verniet in honderde, selfs duisende „basis-kilometers“ aan die begin van die seisoen nie. Dis bloot tyd in die saal en baie kilometers van gemaklik ry, meestal teen gesels-pas, om die liggaam te kondisioneer vir latere oefening vir krag en spoed. Dis soos die fondament van jou huis. Grawe diep genoeg, meng die beton reg en moenie jaag nie. Dit moet die huis dra.

Vir diegene wat min of niks deur die winter geoefen het nie, is basis-kilometers nou die antwoord. Moenie resies jaag nie. Moenie met krag teen steiltes uitbeur nie. Jy kan jou spiere en gewrigte seermaak. Die bonus van basis-kilometers is dat dit vet meer doeltreffend verbrand as jaag of met opdraendes stoei. 

Kyk gerus na die fietsrykalender vir die maande wat voorlę. Beplan jou fietsjaar daarvolgens. Maak uitstappies van prettrappe buite die Kaap. Kyk na pad- en bergfietstrappe. Kies mylpaal-ptrettappe soos Die Burger-fietstoer in Desember, die prettrrappe in die Suid-Skiereiland in die aanloop tot die Argus-fietstoer in Maart en dan die Argus self. Gaan kyk na jou tye van die verlede, stel vir jou mikpunte and laat dit struktuur en motivering aan jou oefenprogram gee.

Beplan vir jou ’n oefen-roetine en verskillende roetes wat dit nie vervelig maak nie. Kies ’n betroubare en gedissiplineerde oefen-groep en maats op éń bo jou vlak sodat jy nie stagneer nie. As dit lanklaas versien is, neem jou fiets na ’n kundige om alles na te gaan. Dan is jy slaggereed vir een jou beste seisoene ooit.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.