17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

182 - Geskiedenislesse gee perspektief oor SA sportdroogte

Geskiedenislesse gee perspektief oor SA sportdroogte

In die herrie oor Suid-Afrika se powere vertoning by die Beijing Olimpiese Spele word baie redes aangevoer soos ‘n gebrek aan geld van die regering, van borge, swak afrigting, geen belegging in sport nie, geen programme om belowende sportkinders van vroeg te identifiseer en voor te berei nie, te min sport-akademies, gebrek aan węreldkla-mededinging, en onderlinge bakleiery. 

As die debat tot iets lei, sal dit goed wees. ‘n Land wat meer aan ‘n uitstalling bestee as die sport self, is op ’n dwaalspoor.

Sport is nie alles in die lewe nie, maar dit weerspieël darem baie van ’n land se karakter. Kyk net hoe snoer die oorwinning van selfs ’n enkeling of in ’n enkele wedstryd ’n verdeelde land saam. 

Dit help soms om in die geskiedenis te delf om antwoorde oor sportprestasie te kry. In 1952 by die Olimpiese spele in Helsinki het Suid-Afrikaanse fietsryers geskitter. Die span van vyf het nie minder nie as ses silwer- en een bronsmedalje teen die węreld se bestes ingepalm. Hulle was boonop ’n sesde spanlid kort weens ’n gebrek aan geld.

Tommy Sharlow, Ray Robinson, Jimmy Swift, Bobby Fowler en George Esman het met ou fietse en verbleikte sweetpakke per boot gereis en baie dae later moeg voet aan wal in Finland gesit. Hul moes ’n spanbestuurder, Martin du Toit, met die Suid-Afrikaanse atlete deel. Verder was daar geen ondersteuningspersoneel soos ’n afrigter, masseur, dokter en werktuigkundige nie.

Hul fietse het sleg afgesteek by hul Britse, Franse en Italiaanse teenstanders se blinkste, ligste, vinnigste en nuutste toerusting. Die vyf moes ook ekstra energie vir hul individuele spesialiteitsnommers inboet vir spannommers omdat hulle ’n man kort was. Sharlow was ’n spesialis in paar-naelry en Robinson in die 1 000 meter tydtoets. As hulle hulle net daarop kon toespits, was daar min twyfel dat hulle twee goue medaljes sou kon terugbring.

Die vyf was nie eens beroepsjaers nie, bloot uiters gedissiplineerde, toegewyde amateurs wat geen vergoeding vir hul fietsry gekry het nie. 

Natuurlik het die węreld, tegnologie, sportwetenskap en mededinging dramaties verander. Sonder om sentimenteel te raak, moet mens egter vra: het ons ęrens langs die pad in Suid-Afrika dalk die basiese karakter-boustene van sport verloor? 

Is daar nog die soort selflose toewyding, deursettingsvermoë en staal van die Helsinki-vyf? Is daar dalk te veel van ’n fokus op korttermyn- en kitsprestasie, steun ons te veel op geld om alles reg te toor? Watter rol speel ouers - saam met die tegniese sportafrigter - om kinders lewens- en karakaterboulesse te leer?

Wanneer gaan ons die transformasie-debat in sport so volwasse en verantwoordelik begin voer dat dit nie in ’n onverkwiklike openbare moddergooiery ontaard nie? 

Miskien lę die antwoord in die begrip van die een ding doen en die ander nie nalaat nie. Ons moet finansieel, organisatories, wetenskaplik belę in Suid-Afrikaanse sport, maar ook in moreel, inbors en karakter. Daar’s werk!

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.