17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

183 - Baie lesse en voordele uit Double Century

Baie lesse en voordele uit Double Century

Ondanks die jaarlikse groei in deelnemergetalle bly die Coronation Double Century fietswedren vir spanne een van die mees onderskatte en waardevolle fietsry-ervarings op die kalender.

Deelnemers spring oor twee maande, op 22 November, weg op Swellendam vir die wedren van 205 km. Dit word vanjaar die sestiende keer gehou.

Uit die oefening vooraf leer ryers ontsettend baie van fietsry, spanwerk en hulself. Die wedren self gee deelnemers ’n stewige fondament van stamina vir die hele fietsry-seisoen. Dit sorg vir kameraderie tussen die minimum van ses en maksimum van twaalf spanlede.

Dit is boonop uitstekende „kop-oefening“. Al is jy hoe fiks, kom daar ‘n punt wanneer vasbyt en fokus moet oorneem by die bene. 

Die wedren bied iets vir almal – van die kompeterende voorste ryers wat in ongeveer 5 uur 30 min met die roete klaarspeel tot die sosiale agterosse wat 10 uur 30 min tyd het om kuier-kuier of swoeg-swoeg klaar te maak. 

Vir mededingende spanne is dit ‘n voluit-wedren. Daar is egter ook ruimte vir spangees en deelname – baie soos die Comrades. Soos vir die Comnrades, kan jy die Double ook nie aandurf as jy nie fiks is nie. 

Die wedren begin 05h30 en die afsny-tyd is 17h30. Die tyd van die sesde spanlid is die span se tyd. ’n Groep van minstens ses moet dus saamwerk vir die beste tyd. Vir party spanne is dit deel van die plan om tot ses ryers agter te laat as dit moet. Ander spanne streef daarna om met al hul ryers by die wenstreep aan te kom.

Die skilderagtige sirkelroete begin en eindig op Swellendam. Die spanne gaan deur Suurbraak en oor die mooi Tradouw-pas op pad na Barrydale. Daarna volg die Op de Tradouw-pas voordat die pad daal na Montagu. Hiervandaan trap die ryers deur Cogmanskloof totdat hulle Ashton bereik. Hier draai hulle weg na Bonnievale en keer dan terug na Swellendam.

Inskrywings word vanjaar beperk tot 2 300 deelnemers of sowat 200 spanne. Die name van die spanne, sommige baie humoristies, gee reeds ‘n voorsmaak van wie ernstig gaan trap en wie die rit gaan geniet.

Spanne kan vanjaar die eerste keer inskryf en hul spanlede se besonderhede eers ’n maand voor die wedren verskaf. Daar is vyf kategorieë: Mans wedren, Vroue wedren, Gemengde wedren, Tandem wedren of Sosiale spanne. Inskrywings sluit op 24 Oktober 2008.

Vir enige fietsryer is die Double ’n mylpaal, iets vir jou kerfstok. Dit is ’n baie spesiale gevoel as jy die eerste keer 200 km suksesvol met jou fiets afgelê het. 
Belangstellende fietsryers kan my gerus skakel om te kom saamry en dan te besluit of hulle die Double wil aanpak.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.