17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

184 - Fietsryers met gebreke stel voorbeeld vir ander

Fietsryers met gebreke stel voorbeeld vir ander

Die prestasie van Suid-Afrika se Paralimpiese span en fietsryers staan in skrille kontras met di van hul spanmaats sonder gebreke. 

Dit bied inspirasie vir almal met gebreke wat graag aan sport wil deelneem. Boonop wys dit dat baie van die redes wat mense mense aanvoer waarom hulle nie aan sport deelneem nie, verskonings is.

Dit is indrukwekkend genoeg dat verskeie van ons Paralimpiese atlete die wreld se beste is in hul gestemdheidsklas klop. Oscar Pistorius en Natalie du Toit sien boonop kans om teen atlete sonder gebreke mee te ding.

Daar is baie fietsryers wat baie mededingend fiets ry met n kunsbeen of twee kunsbene. Die verlies van n arm is ook nie n onoorkomelike struikelblok nie. Met die rat- en remstelsels gentegreer is een arm genoeg om te bly te trap.

n Tandem maak dit vir baie gestremdes moontlik om die vreugde van fietsry te ervaar. Met n siende, funksionele stuurman voor kan n blinde stoker op die agterste saal konsentreer op trap. Selfs iemand met ander gebreke wat net deels kan help, kan op hierdie manier ook fiets ry.

In 2005 het die blinde motiveringspreker Hein Wagner van Kaapstad die wreldsnelheidsrekord vir blinde bestuurders verbeter. Met die hulp van n siende navigator het hy 269 kpu behaal op n vliegtuig-aanloopbaan by Mafikeng. Hy het ook op n enkelfiets aan prettrappe deelgeneem met n maat wat aanywsings gee.

Gerhard van Dyk van Malmesbury is oor die vyftig, maar ry al vyf jaar lank n barshou met sy oorgeplante hart, in Suid-Afrika en in die buiteland. Sy deelname aan die Argus fietstoer met griep onder lede het byna sy lewe ge-eis en die tweede hart is sy tweede asem. 

Dan kom ons by diegene wat s hulle wil graag fiets ry , maar wil eers gewig verloor of wag vir die somer of eers n nuwe fiets koop voordat hulle begin. Al is jy nou ongemaklik op die fiets, kan dit met die nodige verstellings gemaklik gemaak word. Gereelde fietsry verband nie net vet nie, maar spoor jou ook aan om jou eetgewoontes en lewensstyl ten goede te verander.

Die regte fiets en wiele is sterk genoeg om sommer n stewige ryer te kan dra. Soos die ryer fiks word en gewig verloor, kan die fiets met die nodige verstellings aangepas word vir die ryer se nuwe lyf. Ouderdom, jeug, geslag en winter is geen struikelblokke nie en fietsry is ewe goed vir lyf en die gemoed.

Fietsry is ook, anders as impak-sportsoorte, sag op die bene en gewrigte. Jy gebruik rotasie, momentum en die regte ratverhoudings eerder as brute krag om jou trapkrag optimaal in te span. Fietsry is uitstekend vir allerbelangrike hart/long fiksheid. Dit kan ook deel wees van n rehabilitasieprogram na siekte of n ongeluk waar die dokter, fisioterapeut of biokinetikus die voordele van fietsry benut om die pasint te help herstel.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.