17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

186 - Hasie en skildpad leer fietsry-lesse

Hasie en skildpad leer fietsry-lesse

Die verhaal van hasie en skildpad se wedren het ook lesse vir fietsryers – moenie altyd resies jaag nie, ry slim, bestendig en met die regte tegniek en leer die waarde van ultra-afstande, wedrenne en „basis-kilometers“.

Die Double Century-spanwedren van 205 km wat eerskomende naweek in Swellendam wegtrek, onderstreep al hierdie lesse.

Baie wat nog nooit so ’n afstand getrap het nie, wonder oor die sinvolheid om agt en meer uur in jou fietssaal deur te bring. Ek onthou die verbasing van ’n kelnerin by ’n ontbyplek in Franschoek oor ons twee rymaats se oefenrit van meer as 140 km. Sy kon dit nie kleinkry nie: “Maar hoekom??”

Van die grootste beroepsjaers se raad is basis-kilometers aan die begin van die seisoen. Hulle ry letterlik duisende kilomter teen ’n gemaklike pas – nie meer as 65 tot 75% van hul maksimum-hartklop nie. Dit gee stamina, gemak in die saal, goeie ry-tegniek. Eers daarna begin hul met oefening vir spoed, krag en steil bulte uitbeur.

Kies die regte ratverhouding sodat spoed, momentum en krag jou die grootste afstand met die minste energieverbruik bied. Op die platpad moet jy jou toere hou teen 90 omwentelinge per minuut of self bietjie vinniger. Minder as dit gebruik jy meer krag as momentum. Al voel jy braaf, lus vir die rit of sommer net uitbundig, weerstaan die versoeking om vir jou bondel weg te jaag. Jy gaan die energie later nodiger kry.

Gebruik die windbreek-voordele van ’n bondel fietsryers. Nie eens die sterkste ryer kan op sy eie, veral teen wind, met die momentum van so ’n bondel meeding nie. ’n Formasie wat gedissiplineerd en voorspelbvaar saamwerk gee almal ’n beurt om voor te ry en daarna beskut teen die wind ligter te trap en te rus.

Dit is wat delenemers aan die Double Century moet doen. Baie spanne trek begeesterd weg en jaag ander spanne verby. Onthou maar vir skilpad. As jy later in die wedren steeds sterk voel en jou span van twaalf almal bymekaar is, kan jy die krane begin oopdraai. Dan kom die reserwekrag goed te pas. Spanne wat dit te vroeg verspil het, betaal die prys. As jy mededingend wil ry, sal jy dalk van jou swakker spanlede moet agterlaat om met die minimum van ses klaar te maak. As niks jou jaag nie, hou jou span bymekaar, wag vir die swakker ryers en bereik saam die eindpunt. 

Afgesien van die stamina, die dissipline van ultra-afstande, die kameraderie en doeltreffendheid van saam oefen, is die Double ook ’n wedren wat uiters belangrike kop-lesse leer. Daar is tye wat fiksheid jou net so ver dra. As ‘n sterk kop en vasbyt dan nie intree nie, is tou opgooi baie naby. As jy stilhou vir kos of water, moenie te ver van die skouer van die pad beweeg nie. Dis sielkundig baie moeiliker om verder te ry as jy eers onder ’n koelteboom gaan rus het.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.