17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

187 - Leer uit foute en van 地 mentor

Leer uit foute en van 地 mentor

Dit is ironies, maar waar dat 地 fikser en beter fietsryer in 地 wedren of prettrap geklop kan word deur 地 swakker ryer wat takties reg ry. Selfs ervare fietsryers en spanne is dan afgehaal omdat hulle weet dat hulle die teenstanders moes en kon geklop het.

Om die meeste uit jou vermo en fiksheid te haal, is dit nodig om jou prettrap of wedren te beplan en volgens die plan te ry. Dit is ook soms verbasend hoeveel fietsryers nie uit foute leer nie, nooit nabetragting n hul ritte hou nie en daarom ou, vermybare foute herhaal met teleurstellende gevolge.

Sulke fietsryers verwyt hulself dan en as die kringloop nie gebreek word nie, verloor hulle soms motivering en selfvertroue. Dit is hier waar 地 ervare mentor baie waardevol kan wees vir perspektief, regstelling en aanmoediging.

Met die die Double Century wedren, by uitstek 地 spanwedren waar spanstrategie nodig is, het heelwat ryers die vrugte gepluk deur by hul stategie te hou. Ander wat veel beter tye kon haal en nie by hul plan gehou het nie, moes tevrede wees met heelwat swakker tye en posisies as dit waartoe hulle in staat is.

Elke rit en prettrap het spesifieke eienskappe soos bulte, afdraendes, gelykpad, 地 bepaalde afstand, 地 moeilkheidsgraad. Voeg daarby hitte, koue, ren of wind en die noodsaaklikheid van 地 plan word duidelik. Natuurlik is jou teenstaanders, hul vermons, strategie en taktiek die ander en uiters belangrike dimensie. 

Jou wedrenplan moet al hierdie faktore verreken. As die veranderlikes waarop jou plan berus tydens die wedren verander, moet jy jou plan aanpas. So nie, hou daarby. Onthou ook die wedren word oor die volle afstand gewen, nie deur buitengewone krag of spoed oor 地 deel van die wedren nie. Dit is die les van hasie en skilpad.

Dit verg 地 oop gemoed, eerlikheid en begeerte om te verbeter om die wedren behoorlik te ontleed. Waar het jy konsentrasie en jou bondel verloor? Waar het jy jou misreken met die afstand? Waar het jy oneaglig gery? Waar het jy onnodig weggebreek of te lank pas aangegee? Oor 100km en meer tel elke bietjie op na 地 soms bepalende verskil. 

Kies vir jou 地 mentor, iemand wie se kennis en fietsry-vermo jy respekteer. Jy het nie tyd om alles deur eie foute te leer of die spreekwoordelike wiel weer uit te vind nie. Jy kan jou leerkurwe aansienlik verkort met die regte fiets en toerusting, oefenprogramme, ry-taktiek en die vrug van goedbedoelde raad en konstruktiewe kritiek.

地 Goeie mentor is iemand wat self gepresteer het of dit steeds doen. 地 Goeie mentor het ook nie kitsresepte of kortpaaie na sukses nie, net jare se insig, ervaring en grondwaarhede. Moenie 地 mentor se raad selektief aanvaar of met ander kitsresepte, blink gedagtes van maats of jou eie vermeng nie. Dit kan 地 brousel eerder as 地 wenresep oplewer!

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
ゥ 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.