17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

188 - n Nuwe jaar met ou fietsry-waarhede

n Nuwe jaar met ou fietsry-waarhede

Aan die begin van n nuwe jaar wil sommige fietsryers dikwels met ambisieuse oefenprogramme oorkompenseer vir die vakansiegety se slapl en oordaad. Die wyses klim op die fiets en begin geleidelik fiks word, rit vir rit.

Fiksheid is nie n wiskundige formule nie. Dis die prestasiepeil van n feilbare mens met lewensfases van geluk, werksdruk en hartseer en wat sy of haar liggaam oordeelkundig kondisioneer om beter te funksioneer.

Aanvaar dus dat jou fietsrygrafiek pieke en dale sal h soos die bio-rtimes van die lewe. As jy n beroepsjaer of ernstige fietsryer is, moet die dale jou bekommer en moet jy iets daaraan doen. As jy vir vir jou gesondheid of plesier ry, onthou om dit te geniet en aan te hou. Baie fietsryers het gelukkig daardie plesier die vakansie herontdek deur saam met vriende of hul gesinne luilekker te trap en die natuurskoon in te drink.

Al het jy die vakansie niks aan jou fiksheid gedoen nie, maar ontspan, gerus en weer ontdek het wat saakmaak in die lewe, is dit ook n bonus waaroor jy nie verwyte hoef te h nie. Probeer jy egter om jouself te dryf om in die korste moontlike tyd weer topfiks te word, loop jy die gevaar van ooroefening, spierbesering en selfs siekte. Rome is nie in een dag gebou nie.

Gelukkig bied die nuwe jaar die mikpunt van die Argus Pick n Pay fietstoer op 9 Maart en n keuse van prettrappe en liga-wedrenne ter voorbereiding. Die lys is (met langste afstand vir padfietse in hakies): Saterdag, 24 Januarie: Bouckaert Soenen liga-, prettrap en bergfietsrit in Paarl (115km); Sondag, 25 Januarie: Drie Passe in Constantia (77 km); Saterdag, 31 Januarie: Die Wingerd Ontbyttrap, Somerset-Wes (63 km); Sondag, 1 Februarie: Die GP Koning Waterproofing and Roofing Roller Coaster liga- en prettrap, Contstantia (88km); Saterdag, 8 Februarie: Medallion Tour de Stellenbosch liga- en prettrap, Stellenbosch (100km); Saterdag, 21 Februarie: Wilde Fruit Juice liga- en fietsdag, Wellington (94km).

Party ryers wonder oor die waarde van prettrappe en wedrenne. Oefen, ry die Argus en kry klaar. Dis een ding om 100 km saam met jou oefengroep te ry teen n bestendige pas. Dit is iets gans anders om dieselfde afstand teen wedrenpas te ry. Jy moet ook takties ry, die voordeel van n bondel leer benut en sorg dat die groep jou nie agterlaat met n skielike versnelling oor die kruin van n bult nie. Hierdie ervaring en hanteringsvaardighede doen jy nie op met net oefenritte of op n oefenfiets in n gimnasium nie. Jy het hierdie ervaring nodig om n beter fietsryer te word.

Moenie langer wag om enige nuwe toerusting vir jou fiets aan te skaf of, as jy dit oorweeg, om n nuwe fiets te koop nie. Kry jou toerusting so gou moontlik reg en raak gewoond daaraan. Verstellings en enige nuwigheid is nie aan te beveel voor n belangrike prettrap of wedren nie. Sorg ook dat jou fiets behoorlik versien is.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.