17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

189 - Haal die meeste uit Argus-fietstoer se skouspel

Haal die meeste uit Argus-fietstoer se skouspel

Die naweek is jy en meer as 30 000 fietsryers deel van die grootste fietswedren met individuele tydmeting ter wreld die Cape Argus Pick n Pay fietstoer om die Kaapse Skiereiland. 

Dit is n opwindende, soms intimiderende gedagte. Volg hierdie wenke vir die minste sorge en meeste genot.

Die heel laaste ding wat jy nou moet doen, is om jouself flou te oefen. Dis te laat. Dis gevaarlik. Ry hoogstens kort entjies en trap liggies om die bene los te hou. Kits-fiksheid bestaan nie in fietsry nie en ooreising kan beserings of self siekte veroorsaak. Dan is die Argus en al jou voorbereiding daarmee heen. 

Moenie verstellings aan jou fiets doen of nuwe toerusting (soos skoene of n saal) in die Argus toets nie. Selfs n klein ongemak kan rampspoedig vermenigvuldig oor meer as 100 km. Doen en gebruik slegs dit waaraan jy gewoond is. Moenie met nuwe energie-kos en drank eksperimenteer nie. Koop nuwighede by die Argus-ekspo, maar beproef dit eers na die wedren.

Sorg dat jou fiets skoon en gereed is. Olie die ketting, maak seker alles is vas en gaan jou buitebande- en binnebande vir snye of stadige lekke na. Vermybare pap wiele kan jou Argus bederf. As jy twyfel, bel in nuwe bande.

Jou fietsryklere, skoene, valhelm moet reg wees met jou wedrennommers en plakkers vroegtydig op. Twee spaar binnebande met n goeie pomp skep gemoedsrus. Sorg dat jou energiedrankie lekker koud is en dra net genoeg peuselkos en sakkies energiestroop saam. Jy moet jou eie gewig, alles aan jou fiets en jou liggaam teen steil bulte uittrap.

Registreer vroegtydig en maak seker jy weet waar en wanneer jy wegspring. Kry genoeg slaap. Eet die vorige aand n maaltyd ryk aan koolhidrate, soos pasta, maar moet niks oordoen nie. Eet vooraf n maklik verteerbare ontbyt. 

Kom vroeg by jou wegspringhok. Niks bederf jou wedren so as om laat en angstig deur skares fietsryers te beur nie. Gebruik sonbrandroom, veral as jy later wegspring. Drink voordat jy dors is en eet voordat jy honger is.

Ry liewer bestendig en later harder as jy sterk voel. Om te jaag en dan stadiger te ry, tap jou energie en maak jou angstig. Konsentreer een honderd persent te all tye. n Val of gevaar kom sonder waarskuwing. Probeer om in die voorste deel van jou bondel te ry. Agter konsertina dit te veel. 

Tensy jy n fikse, mededingende, ervare ryer is, moenie kanse vat, roekeloos ry of veral by die wenstreep tot elke prys n paar mede-ryers wil klop nie. n Val is nooit die moeite werd nie.

Laat al die spoke of slegte herinneringe van die verlede agter. Om goed te presteer verg fiksheid, voorbereiding, taktiek, goeie weer en heelwat geluk. Fokus net op vandag se rit. Geniet die skouspel in die skone Kaap en ry veilig.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.