17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

190 - Hou aan ry al was jou Argus goed of swak.

Hou aan ry al was jou Argus goed of swak.

Die Argus is verby. Jy vier f fees oor jou goeie prestasie f jy sit in sak en as omdat jy so hard geoefen het en alles verkeerd geloop het. 

Al sit jy tussen hierdie twee uiterestes is die beste moontlike raad om dadelik op jou fiets te klim en aan te hou ry. 

Die Cape Argus Pick n Pay fietstoer is n grootse skouspel, n instelling en die grootse fietswedren met individuele tydmeting ter wreld deur van die mooiste natuurskoon ter wreld.

Die aard en omvang van die fietstoer maak dat so baie dinge reg of skeef kan loop. As jy jou doelwittyd behaal of oortref het, veels geluk! Geniet die soet smaak van die prestasie en die wete dat harde werk en toewyding beloon word. Laat dit vir jou as aansporing en bevestiging dien. Hou aan ry, al is dit hierdie week net liggies om tam bene soepel te kry.

Bou voort op jou momentum. Neem deel aan prettrappe en wedrenne, verbeter telkens jou keuring deur die Trapkragvereniging. Beter keuring beteken vroer wegspring voor die wind en hitte kom, n beter rygroep met meer behendige, vaardige en voorspelbare ryers. Dit beteken n veiliger rit, vinniger en meer voorspelbare bondels, alles dinge wat jou help om steeds beter te ry. So vorder jou fietsry, stap vir stap.

As jy hard geoefen het en jou doelwittyd misgeloop het, as krampe, hitte, pap wiele of selfs n val het jou Argus gekelder het, verstaan ek en diegene naby aan jou jou frustrasie. Weet egter dat die Argus nie altyd n akkurate weerspieling van jou vermo of potensiaal is nie.

Hiermee doen ek geen afbreuk aan prestasies nie. Om goed in die Argus te presteer, moet jy fiks wees, sielkundig voorbereid wees, die regte taktiek volg, jy moet in n goeie groep ry, die weer moet saamspeel en jy moet geluk h. Dit gebeur min dat al hierdie suksesfaktore volledig en in harmonie vir jou werk. Die wedren is net te groot en te onvoorspelbaar om sukses met wiskundige sekerheid te kan verwag.

Gaan praat met n simpatieke, maar eerlike kenner. Ontleed wat alles verkeerd geloop het, herkonstrueer die rit en dink oor wat jy volgende keer anders en beter kan doen. Sulke nabetragting is goud werd en bou karakter. 

As jy aanhou doen wat jy altyd gedoen het, sal jou resultaat dieselfde wees. Met kundige raad oor jou oefenprogram, taktiek en ander aspekte van jou fietsry is n deurbraak na beter prestasie en nuwe tye moontlik.

Nabetragting is net so waardevol n n suksesvolle wedren. Dit bevestig en verbeter jou suksesresep.

As jou Argus so-so was, volg die raad vir die wenners. Hou aan ry, klim die leer na beter prestasie en keuring. Die slegste ding is om nou weer jou fiets te laat stof vergaar tot volgende jaar se Argus.

Fietsry is, na alles, n sport, ontspanning, gesond en n plesier. Moet dit nie vergeet of prysgee nie.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.