17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

191 - Waar is al die fietsryers?

Waar is al die fietsryers?

Dit wil half lyk of die Argus-wind so rof met ons fietsryers gewerk het dat hulle nou sommer fietsry vir rolbal verruil het! Die paaie is bra leeg en stil n n bedrywige hoogseisoen van ses weke voor die Argus.

Dit sal jammer wees as baie fietsryers net Argus-ryers word wat die fiets afstof kort voor die rit en dan stof of, erger, seesproei en roes laat vergader. Want fietsry is nie soos hengel waar jy eenmaal per jaar jou gerei regmaak vir die bloudam nie.

Fiksheid is soos spaargeld. Jy het dit bitter nodig. Dit neem lank om dit bymekaar te maak, maar jy kan dit vinnig verloor met onoordeelkundigheid of verwaarloosing. En, soos met pensioenvoorsiening vir die oudag, raak dit al moeiliker om verlore fiksheid te herwin hou ouer jy word.

Diegene wat aanhou ry deur die heerlike, matige en minder winderige hersfdae en selfs die winter se byt warm trap, gaan wonderlike vrugte pluk fiksheidsvrugte, gesondheidsvrugte en prestasievrugte.

Daar is nog heelwat prettrappe en wedrenne oor, van hulle keuringsritte vir die Argus. Deur daarin te presteer kan jy jou keuring verbeter, vroer wegspring en saam met al beter en motiverende groepe ry. As jy die resep volg, kan jy verbaas staan oor hoeveel beter jy oor n jaar kan ry.

Al meer fietsryers begin nou die afwisseling, uitdaging en twee wrelde van padfiets en bergfiets ontdek. Dis soos om n sportmotor n n viertrekvoertuig te besit. Elkeen gee sy eie soort vreugde van spoed tot klouter. En albei in die buitelug, verby en deur natuurskoon wat werk-spinnerakke wegruk en kop en gemoed weer soos die spreekwoordelike uitlaatpyp wit brand!

Dit is ook nou of die gemoedere tussen die motorryers en die fietsryers weer effe bedaar het na die openlike vyandigheid en tragiese dood van geliefde, produktiewe, kundige mans, pas, burgers en belastingbetalers oor die afgelope weke. By terugblik kan rasionele mense, laat staan nog bedreigde-spesie-fietsryers, dit kleinkry dat gepantserde padwoeders durf s : Dis hul verdiende loon.

In Suid-Afrika gee ons nie eens die doodstraf vir moordenaars, gewapende rowers en verkragters nie. Van wanneer af mag dit oukei wees om n kwesbare, onbeskermde fietsryer eiehandig die doodstraf op te l omdat hy die pad vol ry, onbeskofte goed skree en lelike tekens wys? Gee ons vir kamikaze-taxibestuurders die doodstraf? Sou ons die vonnis voltrek agter die stuur van n groot vragmotor? Daar is n verskil tussen barbaarsheid en beskaafdheid.

Verstaan mooi ek praat geensins wetteloosheid of onbeskoftheid goed nie. Dis die klein jakkalsies wat n demokrasie en regstelsel rysmier. Hoeveel motoriste stop by stopstrate in woonbuurte waar kinders speel? Hoeveel steek teen ho spoed oor sperstrepe verby? 

As ons ons nie een vir een gedra, paaie verantwoordelik gebruik, beskaafd ry en geduldig is en verdra nie is ons op n gevaarlike afdraand. Kom ons hou op. Kom ons begin oor.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.