17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

192 - Tour, Armstrong sorg vir nuwe fietsry-hoogtes en lesse

Tour, Armstrong sorg vir nuwe fietsry-hoogtes en lesse

Die terugkeer van fietsry-ikoon Lance Armstrong na die pas afgelope Tour de France het wreldwyd, ook in Suid-Afrika, reuse belangstelling gewek. Sy algehele derde plek op 37 jaar, teen die wreld se heel bestes en na drie-en-n-half jaar uit aktiewe fietsry, wys daardie belangstelling was geregverdig en baie goed vir fietsry.

Wanneer kaptein Armstrong in 2010 terugkeer met sy eie span en strateeg, Johan Bruyneel, kan die poppe dans en die eeuoue Tour nuwe hoogtes bereik. Armstrong ry om te wen.

Jong, nuwe talent staan geil. Wenner Alberto Contador is 26 jaar oud, Andy Schleck, tweede, is 24. Daar is Nibali, Kreuziger, Feillu, Velits, Martin en natuurlik die nuwe pylvak-missiel, Mark Cavendish (24) met ses skof-oorwinnings. n Ander eerste is twee Japanse fietsryers wat vanjaar deelgeneem en klaargemaak het. 

Net die heel bestes en sterkstes kan 3 459 km in 21 skofte wat 20 steil bergpasse insluit teen n gemiddelde snelheid van 40,3 kph trap. Net die behendigstes kan teen snelhede van digby 100 kph teen die hellings afjaag en net die fiksstes, met die beste voorbereiding, sterkste koppe en hoogste pyndrempels kan skofte van tot 211 km en die hele wedren klaarmaak. Hoe straf die mededing is, blyk uit die feit dat Armstrong (37 jaar en 75 kg) oor bykans 3 500 km net 5 min 25 sek stadiger as Contador (26 en 61kg) was.

Min ryers kan Tour-standaard haal, maar almal kan inspirasie put uit di ryers se moed, dissipline en toewyding. Fietsryers kan ook weet hulle het n sport gekies het wat fiksheid, gesondheid en kameraderie bevorder en n edele tradisie het.

n Kykweer op die Tour en Phil Liggett en Paul Sherwin se kundige kommentaar sal jou laat besef hoe energie-doeltreffend en ritmies die ryers trap. Hulle kombineer krag met momentum. Hul bolywe wieg nie. Elke stylfout tap energie. n Tour-ryer se ketting gly selde af. Elke ratverwisseling, pasverandering, rem en ry deur draaie is egalig en bepland. 

Die peloton ry voorspelbaar, self teen 50 kpu en meer. Niemand maak skielike bewegings of swenk nie. As ryers uit die saal opstaan, doen hulle dit glad en sonder om terug te sak. Hulle eet en drink versigtig. Elke versnelling en wegbreek het n doel. Almal spaar hul kragte vir wanneer dit saakmaak. 

Die jaers konsentreer deurentyd op wat voor, langs en agter hulle gebeur en op hul ry-tegniek. Pas gerus die lesse toe en verbeter jou fietsry.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.