17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

193 - Klassieke fietse het tydlose bekoring

Klassieke fietse het tydlose bekoring

Die tegnologiese vooruitgang met alle vervoermiddels is verstommend fietse ook. Terselfdertyd is daar n waardering vir die klassieke die vakmanskap, deeglikheid en detail van dekades gelede.

Vandag se renfietse het sterk, ligte koolstoframe en is ontwerp vir hantering, versnelling en die minimum-kragverlies weens raamfleks. Hierdie fietse hou nie onbepaald nie, veral as hulle hard en mededingend gebruik word, en n val of harde stamp kan die fiets se einde beteken.

Die klassieke bloedlyn onder resiesfietse bly di wat van Reynolds staal-allooi gemaak is dun, sterk, kanniedood, sweisbaar en herstelbaar. Soos elke klassieke voertuig het Reynolds-fiets ook n bepaalde gevoel wat jy beter kan ervaar as in woorde beskryf!

Die maatskappy Reynolds in Birmingham, Engeland is in 1841 gestig, maar het eers net staalspykers vervaardig. Nege dekades later, in 1935, het Reynolds die 531 Reynolds buise vir fietse begin bemark. Vir sestig jaar daarna was dit gesogte fietsbou-materiaal. Meester-raambouers het hierdie buise gebruik vir handgemaakte fietsrame wat tydsaam en tot die laaste millimeter na die ryers se mates gebou is. 

Die prestasies het gewys wat in Reynolds-fietse se pype sit. Die wreldbekende Tour de France is al 27 keer gewen deur ryers op Reynolds-fietsrame. Van die beroemdste ryers van alle tye het Reynolds-fietse gebruik Charly Gaul, Jacques Anquetil, Bernard Hinault, Migual Indurain, Greg Lemond en Eddy Merckx (vandag nog gereken as die beste fietsryer ooit).

Die kode van die rame het bekender as goeie oesjaar wyne geraak! Die 531 is gevolg deur die 501, 525, 653, 753 en 853.

In n era waar gebruikersgoedere net vir n bepaalde tyd hou om omset te verseker, het die Reynolds-buise se gehalte n probleem vir die fietshandelaar geskep. Hy het selde n tweede Reynolds-raam in die fietsryer se leeftyd aan hom verkoop. Die rame het n leeftyd gehou. Ek ontmoet nou nog ryers wat al tot 35 jaar op hul Reynolds-fietse ry.

Onder die meesterraambouers in Suid-Afrika tel Hans Huth D.H.C. Hy het die bekende Bobby Fowler se fietse gebou. Fowler was een van die Suid-Afrikaanse fietsry-span van vyf wat die beste ooit by die Olimpiese Spele gevaar het.

Gotty Hansen, bekende in fietsrykringe, het daarna die bekende Peugeot-fetse uit Reynolds-materiaal vervaardig. Die materiaal het my daarna bekoor toe ek duisende van die bekende Franse Le Jeune-fietse onder lisensie in Suid-Afrika vervaardig het. 

Onder die bekende Suid-Afrikaanse jaers wat roem met Reynolds-rame verwerf het, was Willie Marx, Eddie Kriel, Tin Theart, Hans Degenaar, Willie Engelbrecht, Alan van Heerden en Robbie McIntosh. 

Daar is vandag nog aanvraag onder fynproewers vir n Reynolds- resies- of toerfiets. Die wat bereid is om te wag terwyl die fiets noukeurig met die hand gemaak en gepas word, kry iets soortgelyk aan n snyerspak of doelgemaakte jaggeweer. 

Dis nou tyd vir die Reynolds-eienaar om n slag hul klassieke vlobloed-renperde saam uit te trek en te trap. Kontak my gerus per e-pos of telefoon indien jy n Reynolds-eienaar is en belangstel in n Reynolds-fietsryklub en ritte.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.