17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

194 - Fietsry sonder doelwitte, mylpale bring jou nie ver

Fietsry sonder doelwitte, mylpale bring jou nie ver

Die fietsry-seisoen het begin. Dis nie net warmer weer, meer daglig en meer fietsryers op die paaie nie n kalender propvol prettrape en wedrenne wag.

Soos enige iets wat die moeite werd is, moet jy ook jou fietsryprogram, doelwitte en mylpale op pad daarheen nou bepaal. Daarsonder gaan jy moeilik op die vorige seisoen se tye en prestasie verbeter.

Inskrywings vir die Argus Pick n Pay Fietstoer wat op 14 Maart 2010 plaasvind, is oop. Die ABSA Cape Epic wat uit Kaapstad vertrek, word van 21 to 28 Maart 2010 gehou en daar is media-berigte dat Tour de France legende Lance Armstrong kom deelneem. Die Coronation Double Century, n spanwedren vir twaalf ryers oor 204 km begin en eindig op Swellendam op 21 November vanjaar.

Die Double gaan oor stamina, n sterk kop, maar ook oor spangees en ondersteuning. Fietsryers het 10 uur 30 min om die wedren te voltooi en die sesde ryer se tyd geld vir die span. Dit verseker dat minstens die kern die eindstreep haal.

Deelname aan die Double bied wonderlike stamina vir die fietsryseisoen. Lang tye in die saal, sogenaamde basis-kilometers, is ook die beste en tydbeproefde fondament vir n seisoen se prestasie. Daarna kan jy meer krag- en spoedwerk doen vir korter wedrenne waar jy by die groep moet bly n wegbreek-groep moet kan inry en met n naelrit die eindstreep kan storm.

Gereelde prettrape vir berg- en padfietse vul van nou af die Trapkragvereniging se fietsrykalender. Vir die ernstige fietsryers is daar die liga-reekse in verskillende oudersdomsgroepe. Om in te skryf vir n wedren en dan doelgerig daarvoor te oefen is die broodnodige verbintenis vir prestasie en vordering. Sonder hierdie mylpale en ondernemings teenoor jouself en jou rymaats, dryf jy deur die seisoen. Soms ry jy as jy lus voel en soms, dikwels meestal, nie. As jy weer sien, staan jy by die wegspring van die Argus sonder n plan of woema. 

Hou na n wedren nabetragting met n ervare mentor, leer uit jou foute en doen dit volgende keer beter.

Vermy ook die versoeking om saam met n swakker groep te oefen sodat jy die beste lyk. As jy nie moet strek om by te hou nie, vorder jy nie. Dit bou karakter om die volgende terug te kom en weer te ry as die groep net te sterk vir jou was. Die ou gesegde bly waar: moenie jaag om oefenritte te wen nie, oefen om wedrenne te wen

Oppas vir nikswerd-kilometers. Dit help nie om altyd geselsend en grappend te ry sonder werklike inspanning nie. n Oefenrit is n kombinasie van opwarm, hard werk en koud lei. 

Dis ook menslik om jou ore uit te leen vir nuwe oefenprogramme en die raad wat baie middelmatige presteerders uitdeel. Die verleidelikste is kortpaaie. Dit help nie en gaan jou ontnugter. Vra maar raad by fietsryers wat hul ervaring met prestasie kan rugsteun.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.