17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

195 - Berei jou wedren voor met nabetragting

Berei jou wedren voor met nabetragting

Dit klink teenstrydig, maar as jy tydens ín wedren die lesse van die vorige een kan toepas, kan jy beter ry. Ons neem dikwels onnadenkend deel aan ín wedren en prettrap en dink net aan die oomblik.

Met die Coronation Double Century spanwedren van 204 km om die draai Ė 21 November 2009 op Swellendam Ė is dit nou tyd om vooruit te leer. Die Double is ín mylpaal op die jaarlikse fietsry-kalender en deelnemers wat voorbereid is, kry goeie stamina vir die seisoen.

Fikser, beter fietsryer word soms geklop deur ín swakker ryer wat takties reg ry. Groot is die teleurstelling en verbasing van beter ryers en spanne as hulle met ín spreekwoordelike slap ketting gevang word.

Jou vermoŽ en fiksheid kom tot sy reg as jy die wedren beplan en daarby hou. Baie fietsryers leer nie uit hul foute nie en ontleed nie hul prettrappe en wedrenne agterna nie. Hulle herhaal dieselfde foute en voor hulle besef, is onderprestasie deel van die kop se program! Tensy jy die kringloop bewsutelik breek, verloor jy mettertyd selfvertroue en motivering

Dit gebeur gereeld in wedrenne dat ín onderskatte span wat by sy spanstrategie hou sukses behaal, terwyl ín ooglopend beter span wat afwyk, onderpresteer.

In jou wedrenplan, moet jy baie aspekte in ag neem. Elke roete het sy eie bulte, afdraendes, gelykpad, verrassings, geleenthede en moeilkheidsgraad. Die weer speel ook ín rol - hitte, koue, reŽn of wind. Jy ry natuurlik nie net teen jouself nie, maar teenstaanders met bepaalde vermoŽns en eie wedrenplanne. 

Slegs as hierdie elemente tydens die wedren verander, moet jy jou plan aanpas. Dit help ook nie om hard en vinnig te jaag vir ín deel van die wedren. Die wedywering strek oor die volle afstand en jy moet genoeg krag spaar vir ín eindpoging.

Na elke prettrap of wedren moet jy eerlik vra: Waar het ek konsentrasie en my bondel verloor? Waar het ek my misreken met die afstand? Waar het ek oneaglig gery en energie vermors? Waar het ek onnodig weggebreek of te lank voor die pas aangegee? Oor lang afstande word al die foute later ín groot minus en al die dinge wat jy reg doen, ín groot plus. Dit is bepalend. 

Soek ín leermeester met kennis en fietsry-vermoŽ. Daar is nie tyd nie en dis onnodig om self uit al die foute te leer nie. Dis duur skoolgeld. Kom gouer daar met die regte fiets en toerusting, oefenprogramme, ry-taktiek en pas wyse raad en konstruktiewe kritiek toe.

ín Leermeester wat self sukses behaal het of dit steeds doen, is Ďn bondgenoot. Moenie kitsoplossings of kortpaaie verwag nie. Moenie net raad waarvan jy hou toepas nie. Moet ook nie verlei word deur slimpraatjies of blink gedagtes van ander rymaats nie. Jy meng nie twee resepte nie. Groot presteerders in sport erken dikwels die rol van hul leermeesters in hul sukses en leer konstant uit foute.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.