17 Melina Street, Rosendal, Bellville, ZA
Tel: +27 (0)21 910 - 0441 
Cell: +27 (0)83 273 - 1986

Receive news items, notification of specials and training tips.
Enter your e-mail below to subscribe to this group
Email:
Visit this group

PENSIONE LE JEUNE
Bed and Breakfast

Tel +27 21 910 0441
mobile +27 83 273 1986
email : f
rancois@dutoitcycles.co.za

196 - Kop-oefening net so belangrik vir fietsry

Kop-oefening net so belangrik vir fietsry

Dit is vanselfsprekend dat jy moet oefen om jou fietsry te verbeter. Wat fietsryers dikwels vergeet, is dat Ďn fikse liggaam Ďn Ąfikseď kop nodig het om te presteer.

Sonder daardie geestelike oefening tussen die ore, gaan jy nie jou volle potensiaal bereik nie. 

Ons staan dikwels verstom oor uitsonderlike prestasies in uiterste sportspoorte. Tanya Streeter, ín vrou wat 160 meter diep duik deur haar asem op te hou, Lewis Gordon Pugh wat in die Noordpool-see swem met net ín swembroek en die blinde Hein Wagner wat met die hulp van ín navigator ín landspoedrekord van 322,5 kpu opgestel het. Dan is daar die uitgesoekte bergklimmers wat Everest se 8848 meter oorwin en oorleef het, die legendariese Bruce Lee met sy jeet kune do gevegskuns wat ratser as ín kat was. 

Hierdie presteerders het veel meer as fiksheid en ervaring nodig. Wat hulle onderskei, is ín sterk wil, fokus, konsentrasie, waagmoed, ín bepaalde geestesingesteldheid, ín wil om te bakens te verskuif. Tou opgooi en moedeloos raak is nie deel van hul woordeskat nie.

Wat Lance Armstrong reggekry het nadat hy weens kanker by die dood omgedraai het en wat gestremde sportlui soos Oscar Pistorius, Ernst van Dyk en Natalie du Toit vermag, laat ons met al ons ledemate beskaamd staan.

As ín fietsryer is dit belangrik om in jouself te glo. In my dekades op die fiets het ek talle ryers teŽgekom wat grootpraat oor hul prestasies en vermoŽns. Tog glo hulle nie werklik diep binne-in dat hulle daartoe in staat is nie. Daardie denke word dan ín selfvervullende voorspelling en hulle bereik nie hul ideale nie.

Dit geld vir baie fasette van die lewe - studies op skool of universiteit, verkoopsdoelwitte, beroepsaspirasies. Die uitslag van wedywering tussen twee mededingers met dieselfde vermoŽns word dikwels bepaal deur wie die mees vasberade is. Dit geld vir kort-, medium- en langtermyndoelwitte.

Negatiewe denke verdring positiewe denke. Negatiewe denke kan egter bewustelik deur positiewe denke verplaas word. Dis nie bloot ín aangebore vermoŽ nie. Jy kan dit oefen. Jy kan al meer kop-fiks raak. 

Dink maar aan die verskonings van fietsryers soos: ek is te oud, oorgewig, ek kan nie vinnig in ín bondel ry nie, en kan nie bulte uitklim nie, ek het nie tyd nie, ek is te besig, dis te koud, dis te warm, die wind waai te kwaai. 

Daar is struikelblokke in die lewe, in enige sport en ook in fietsry. Hulle is oorkombaar, dikwels net deur positiewe denke. Dis minder belangrik wat mense van jou dink as wat jy van jouself dink. Kan jy uit teleurstellings leer en inspirasie put? Ė soos die SA kampioen wat ek ken wat sy eerste plek moes verruil vir Ďn derde in die daaropvolgende jaar. Met positiewe denke en die opsyskuif van alle twyfel en selfverwyt het hy die volgende jaar weer bo-op die podium gestaan.

Site optimised for Internet Explorer 6 or greater in 1024x768 resolution.
For Comments on / Queries about the website contact the Webmaster.  Site last updated on Tuesday, May 25, 2010 .
Hosting by Kingsley
© 2004 All Rights Reserved. Brands and/or Product names are Trademarks or Registered Trademarks of their respective holders.